Ná hul deelname aan die Christelik Volkseie Onderwys (CVO) skole se bondedag wat onlangs in Lichtenburg gehou is, sien vyf sportsterre van Marné Ebersohn Akademie daarna uit om van 2 tot 6 Julie in Mookgophong teen ander skole van Limpopo aan die provinsiale rugby- en netbal bokkieweek deel te neem.
Jazel Kern, o.19-netbalspeler, en Frazer Cronje en Marnus Harmse, o.16-rugbyspelers, gaan hul skool saam met Juan Daniels en Shaun Swart, o.19- spelers verteenwoordig.
“Ons het dit baie geniet om in Lichtenburg te gaan kuier en teen ander skole in die CVO-kraal deel te neem,” sê Jazel.
Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com