Polokwane-gemeenskap verenig met dié tradisie

Boodskap van die hoof “Ek was nog altyd ‘n voorstander van tradisies, want ek glo enige skool se wortels is in sy tradisie gegrond. By Hoërskool Pieters­burg spog ons met verskeie tradisies wat oor die jare hul staanplek in ons geskiedenis gevind het. Die Bosveld Intervarsity was vir baie jare ? groot tradisie. In die …

Boodskap van die hoof
“Ek was nog altyd ‘n voorstander van tradisies, want ek glo enige skool se wortels is in sy tradisie gegrond. By Hoërskool Pieters­burg spog ons met verskeie tradisies wat oor die jare hul staanplek in ons geskiedenis gevind het.
Die Bosveld Intervarsity was vir baie jare ? groot tradisie. In die verlede het dit vir groot opwinding in die destydse Pietersburg gesorg. Ten spyte van etlike jare se afwesigheid het die Bosveld Intervarsity sy terugkeer in 2016 gemaak en die groot opwinding kan weer deur almal ervaar word.
Soos in 1995, toe die Springbokke tydens die wêreldbeker die nasie verenig het, kry die Bosveld Intervarsity dit reg om die Polokwane-gemeenskap te verenig.
Vanjaar word hierdie kragme­ting op die velde en bane van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé voortgesit en beloof om genot aan oud en jonk te verskaf.
? Woord van dank aan al die personeel van Tom Naudé wat baie tyd afgestaan het om van vanjaar se intervarsity ? sukses te maak. My opregte dank en waardering ook aan Hoërskool Pietersburg se afrigters wat deur die jaar hard gewerk het om ons seuns en meisies optimaal te ontwikkel en aan hulle die nodige blootstelling te bied.
Ons sien daarna uit om die dag saam met ons buurskool te geniet.

Hoërskool Pietersurg se eersterugbyspan

 

Hoërskool Pietersurg se eersterugbyspan

 

Hoërskool Pietersurg se eersterugbyspan

 

PHS se eerstenetbalspan

 

PHS se boogskietspan
Voor: Joven Venter. Agter: Werner Venter, Jean-Mari Mostert,
Carlo le Roux en Dylan Fletcher.

 

PHS se jukskeispan
Juandre Moos, Ivan Reynecke, Danel Vermaak, Mariska Reynecke,
Clarise Reyneke en Kayla Janse van Vuuren.

 

PHS se skaakspan
Voor: Marnu Pelser, Dian Venter en Johan Swart. Agter: Christiaan Stoumann,
Jeandré Schoeman, Lodré Botha en Luan de Villiers.

 

Exit mobile version