Pieties na nasionale ronde in ATKV-debat, en -redenaars

Hoërskool Pietersburg (PHS) se redenaar- en juniordebatspan se redenerings- en oortuigingsvermoë is vlymskerp. Daarom het hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar na die nasionale rondte van die jaarlikse ATKV-debatkompetisie deurgedring wat op 18 Augustus by die ATKV-oord buite Rustenburg plaasvind. Die spanlede is graad 9-leerders, Annadeé Oerlemans, Leana Swarts en Sarisa van der Goot. Pieties …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se redenaar- en juniordebatspan se redenerings- en oortuigingsvermoë is vlymskerp.
Daarom het hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar na die nasionale rondte van die jaarlikse ATKV-debatkompetisie deurgedring wat op 18 Augustus by die ATKV-oord buite Rustenburg plaasvind.
Die spanlede is graad 9-leerders, Annadeé Oerlemans, Leana Swarts en Sarisa van der Goot.
Pieties se redenaarspan het na die onlangse semifinaal in Mookghopong ook na die finale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie deurgedring wat die vorige dag plaasvind. Sarisa en Leana is ook deel van dié span sowel as Cara Coetzee, graad 11.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Ricy Rheeder, redenaarorganiseerder, saam met Leana Swarts, Sarisa van der Goot en Cara Coetzee wat aan die nasionale ronde van die ATKV-redenaars­kompetisie gaan deelneem.
Exit mobile version