NewsSchools

Mnr. en Mej. Oosskool-finaliste gekies

Baie harde werk lê voor vir vanjaar se Mnr en Mej Oosskool-finaliste wat onlangs aangekondig is. Die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is nie ‘n skoonheidskompetisie nie. Twee leerders uit elke klas in graad 7 word as finaliste gekies wat met die hulp van ‘n graad wat aan hul toegedeel is projekte van ‘n liefdadigheidsorganisasie moet …

Baie harde werk lê voor vir vanjaar se Mnr en Mej Oosskool-finaliste wat onlangs aangekondig is.
Die Mnr en Mej Oosskool-kompetisie is nie ‘n skoonheidskompetisie nie. Twee leerders uit elke klas in graad 7 word as finaliste gekies wat met die hulp van ‘n graad wat aan hul toegedeel is projekte van ‘n liefdadigheidsorganisasie moet hanteer.
Dié onderskeie finaliste moet dan deurentyd betrokke wees by die inwoners van die instansie en onder meer geldinsamelingsinisiatiewe loods.
Aan die einde van die jaar moet finaliste voor die kroningsgeleentheid ‘n voorlegging inhandig en meer vertel oor hul betrokkenheid by die instansie en wat hulle geleer het.
Op dié manier leer hulle van die gemeenskap waarvan hulle deel is en wat hulle persoonlik kan doen om ‘n verskil in minderbevoorregtes se lewens te maak.

Storie en foto: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

Related Articles

Back to top button