NewsSchools

Kruinies deur na Lim rugbyfinaal van Virseker Bekerreeks

Na afloop van die semifinale ronde van die Limpopo skolekampioenskappe as deel van die Virseker Bekerreeks wat Saterdag by Curro Heuwelkruin gespeel is, het Kruinies na die finaal deurgedring wat op 21 Julie by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied word. Kruinies se o.14-span het vroeër reeds vir die finaal gekwalifiseer terwyl die eerstespan se …

Na afloop van die semifinale ronde van die Limpopo skolekampioenskappe as deel van die Virseker Bekerreeks wat Saterdag by Curro Heuwelkruin gespeel is, het Kruinies na die finaal deurgedring wat op 21 Julie by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied word.
Kruinies se o.14-span het vroeër reeds vir die finaal gekwalifiseer terwyl die eerstespan se oorwinning van 40-27 Saterdag teen Hoërskool Frans du Toit hul plek in die finaal verseker het.
Kruinies se o.16-span moes egter die knie met 22-34 teen Hoërskool Nylstroom buig.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Choene Mehale van Kruinies se eerstespan gebruik ‘n oop veld langs die kantlyn.
Kruinies se o.16-speler, Stephan du Preez breek deur die verdediging.
Gerhard van Zyl van Kruinies se o.16-span wen veld.
Kgaugelo Thobakgale van Kruinies se eerste­span draf doellyn toe.
Kruinies se o.16-spe­ler, Deon Kriel word vasgevat.

Related Articles

Back to top button