Baba Jayden sterk aan na operasie

Nadat Jayden Deacon op 17 April gebore is, het hy al byna meer tyd in die hospitaal spandeer as wat hy lewe.

POLOKWANE – Jayden was slegs ‘n paar weke na sy geboorte in the hospitaal opgeneem omdat hy gesukkel het om te eet en al die kos wat hy geëet het opgebring het.

Lees meer: Help jong ouers met mediese sorg vir hul baba

Sy ouers, Rocky en Michelle, was rasend van bekommernis en het dadelik tewerk gegaan om hom te help.

Na ‘n lang hospitaalbed en talle toetse was Jayden suksesvol in die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa noord van Pretoria op Woensdag, 6 Junie geopereer.

Lees meer: Baba Jayden na Ga-Rankuwa vir operasie oorgeplaas

Jayden was op 31 Mei in die Dr George Mukhari Hospitaal opgeneem waar dokters hom eers op ‘n drip gesit het totdat hy sterk genoeg was vir die operasie.

Volgens Jayden se ouma, Marietjie Wolmarans, het toetse gewys dat daar ‘n vergroeisel in Jayden se maag is.

Baba Jayden Deacon sterk tans by die huis aan nadat hy ‘n operasie moes ondergaan omdat hy gesukkel het om kos binne te hou.

“Daar is ‘n tipe vergroeisel in sy maag wat vergroot elke keer as hy eet wat dan daartoe kan lei dat sy maagkleppe nie toegaan nie. Dit veroorsaak dan dat die kos wat hy geëet het weer terugstoot. Dit word hipertrofiese maagsluitspiervernouing (hypertrophic pyloric stenosis) genoem. Dit is lewensgevaarlik en hy sal nie oorleef sonder ‘n operasie nie,” het sy ouma verduidelik.

Michelle vertel dat die opersasie omtrent die hele dag geneem het en dat die dokters Jayden Woensdagaand nog op die drip gehou het.

Jayden Deacon sterk goed aan na sy operasie en sy ouers, Rocky en Michelle is dankbaar dat dit beter gaan met hom.

“Nadat die drip Donderdag uitgehaal is, kon ek dadelik vir hom melk gee. Ons was Vrydag ontslaan en het terug na Mankweng gekeer. Voor die operasie het die dokter gesê dat as Jayden glad nie opgooi na die operasie nie en sy maag normaal werk, hy binne 24 uur ontslaan sal word. Alles het goed afgeloop na die operasie en die dokters sê hulle is baie tevrede oor hoe Jayden vorder. Hy gaan nou ‘n vet baba word, want nou kan hy lekker eet.”

Alhoewel die operasie ‘n sukses was en Jayden nou op die herstelpad is moet die gesin steeds die mediese koste dek. Rocky se salaris is nie van so ‘n aard om dit te doen nie en Michelle is tans werkloos.

Enige iemand wat ‘n bydrae wil maak om Jayden se mediese onkostes te help dek kan ‘n betaling in die Child Medi Organisation se rekening maak.

Bankbesonderhede:

Child Medi Organisation.

FNB tjekrekening.

Rekeningnommer: 626 325 810 56.

Takkode: 250655.

Swiftkode: firnzajj.

Verwysing: Baba Jayden.

Diegene wat meer inligting verlang kan Child Medi Organisation per e-pos by info@childmedi.org kontak. Seksie 18(A) belastingsertifikate is beskikbaar vir individue en besighede wat ‘n finansiële bydra tot Jayden se sorg maak.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version