Bosveld NewsNews

Soet, sout op die tafels

Die lede van die N.G. Kerk Piet Potgietersrust Gemeente het verlede Saterdag bontgestaan by die verskeie tafels op die terrein van die ou-Oosgemeente.

MOKOPANE – Die kerkbasaarseisoen is nou in volle gang en dit is hier waar ‘n mens lekker op ‘n Saterdagoggend kan kuier, ou vriende en kennisse weer raakloop, rondsnuffel vir onverwagte winskope en dikwels met baie meer goed huiswaarts keer as waarvoor jy beplan het.

Die vleistafel het gekreun met goeie gehalte produkte terwyl die pannekoeke vlytig opgeraap is vir net R3 elk. Die gebraaide wors en sosaties was ook ‘n treffer, asook die poedingtafel en die witolifant-hoek waar daar gekrap en gesnuffel is.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button