Osies doen hul deel om lewens te red

Laerskool Pietersburg-Oos het hul jaarlikse Winter Bloedskenkkliniek op Dinsdag, 5 Junie in die skoolsaal gehou en ouers sowel as onderwysers kon daar van 07:00 tot 19:00 bloedksenk.

POLOKWANE – Elke ouer kon vir hul kinders skenk en die klas met die meeste skenkers wen dan ‘n prys. Die wenklas is gr.3R.

Annerie van der Walt skenk vir die eerste keer bloed en Anerett van Zyl ondersteun haar.

Ipeleng Thetela, die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) Skakelbeampte, vertel dat daar 123 skenkers was waarvan agt weggewys is as gevolg van mediese redes.

Elsabé Steenkamp skenk bloed.

“Ons bedank elke ouer, onderwyser en ander skenkers wat tyd afgestaan het in hul besige programme om te kom bloedskenk.”

Elke skenker het ‘n serp vir sy kind of kinders gekry asook ‘n termosbeker. Skenkers wat vir die eerste keer bloed geskenk het, het ook ‘n waterbottel ontvang.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version