Local NewsNews

Vermeende dief besteel Samaritaan

'n Man is Maandag, 4 Junie in hegtenis geneem op aanklag van diefstal nadat die eienaar van die gesteelde goedere sy besittings by 'n pandjieswinkel gewaar het.

POLOKWANE – Volgens lt. kol. Mainele Pilusa van die Westenburg Polisie was daar ‘n inbraak by ‘n besigheidsperseel in Goudstraat.

“Die klaer het ‘n rukkie na die inbraak by ‘n pandjieswinkel verby gery en van die gesteelde goedere opgemerk. Hy het besluit om ondersoek in te stel en het die eienaar van die pandjieswinkel gevra of hy die identiteitsdokumente van die persoon wat die goedere verpand het te sien. Die winkeleienaar het ingestem en die klaer het gesien die man wat die goedere verpand het is dieselfde man wat op sy werksperseel woonagtig is,” verduidelik Pilusa.

Lees ook: Inbrekers kos restaurant R150 000 na erge skade

Die klaer het gesê die beskuldigde woon verniet op die perseel. Op dié perseel is ‘n groot stoor waar hy telkens goedere stoor. Die goedere was uit hierdie stoor tydens die inbraak gesteel.

Die polisie het die verdagte arresteer en hom na die pandjieswinkel geneem sodat die winkeleienaar hom kon identifiseer.

“Ons doen spesiale opleiding om verdagte optrede van ons kliënte te identifiseer maar die verdagte het ons almal geflous. Hy was baie netjies aangetrek en baie kalm toe hy die goedere gepand het. Toe die polisie hom na die winkel bring sodat ons hom kon identifiseer as die persoon wat die goedere verkoop het, het sy gedrag handomkeer verander. Hy was baie arrogant en het nie ‘n duit omgegee dat hy gesteelde goedere gepand het nie,” vertel die winkeleienaar.

“Ek as winkeleienaar het al die geld verloor en hy het die klaer besteel sonder om ‘n oog te knip.”

Pilusa het gesê die beskuldigde het onder andere meubels, gereedskap, spyseniering- en elektroniesetoestelle ter waarde van ongeveer R300 000 verkoop. Die verdagte is tans gehoorafwagtend in die Polokwane polisieselle.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button