Uniclox sentraliseer werkwyse, brei agriprodukte in Limpopo uit

Die bekende hoë tegnologiefirma, Uniclox, wat spesialiseer in veiligheids- en moniteringstelsels het besluit om voortaan hul besigheid na Gau­teng te sentraliseer vanwaar hul dienste steeds effektief in Polokwane en Limpopo gelewer sal word. Frank Hislop, besturende direkteur en hoof-uitvoerende beampte van Uniclox, en sy vrou, Sophia, uitvoerende direkteur, bemarkingsbe­stuurder en regspraktisyn, sê gevorderde teg­- no­logie …

Die bekende hoë tegnologiefirma, Uniclox, wat spesialiseer in veiligheids- en moniteringstelsels het besluit om voortaan hul besigheid na Gau­teng te sentraliseer vanwaar hul dienste steeds effektief in Polokwane en Limpopo gelewer sal word.
Frank Hislop, besturende direkteur en hoof-uitvoerende beampte van Uniclox, en sy vrou, Sophia, uitvoerende direkteur, bemarkingsbe­stuurder en regspraktisyn, sê gevorderde teg­-
no­logie maak dit moontlik om besigheid van sentrale punte oor die land in al nege provinsies teen verminderde koste te bedryf en verseker huidige en toekomstige kliënte dat dienste nogeens verbeter sal word.
“Verkoopspersoneel en tegnici werk van Gauteng en installasies vind steeds binne ‘n dag plaas en ons uitstaande naverkoopdiens bly steeds ongeëwenaard,” sê Sophia.
Innoverende agriprodukte vir boere
Uniclox is ook markleiers in die landbousektor met vindingryke tegnologie om boere te help om effektiewe tydsbestuur met werknemers toe te pas, winsgewendheid te verhoog en die risiko van diefstal en bedrog te verminder. Van die nuutste tegnologiese ontwikkelings is:
Identifikasieplaatjies wat lewende hawe se besoeke moniteer (Livestock
monitoring tag)
Dié plaatjie wat aan enige dier se oor geheg word en byvoorbeeld by waterbakke gebruik kan word, tel die diere en monitor hul besoeke wat met sagteware geïntegreer word en direk aan boere se rekenaars gekoppel word. So­doende kan boere vasstel watter diere nie daagliks water drink nie en vinnig opvolg.
Identifikasieplaatjie wat lewende hawe
se koors meet (Livestock fever tag)
‘n Dier met hoë koors se inligting word met behulp van ‘n sendtoestel direk na sagteware op die boer se rekenaar gestuur en die boer is dadelik bewus van ‘n siek dier of een wat selfs in kraam is.
Oeswerkskaal (Harvesting scale)
Die skaal weeg die oes van werkers/stukwerkers en werk met behulp van ‘n kaart, vingerafdruk of gesigsidentifikasie van werknemers om hul produktiwiteit en loon te bepaal. Inligting kan ook nie binne ‘n kort tydsbestek herhaal word nie om bedrog uit te skakel.
Uniclox is in 1945 gestig waarby Sophia se pa, Raymond Noppe, kort daarna begin werk het en vinnig opgang gemaak het en eers as bestuurder en daarna as alleen­eienaar die maatskappy tot groot hoogtes gelei het. ‘n Week voor sy afsterwe op 26 Maart 2012 het hy besluit om op 72-jarige ouderdom af te tree en gesê: “My droom vir Uniclox is dat die maatskappy met sy drome en visie sal voortgaan en dat die personeel Uniclox sal help groei in die reus wat dit kan wees.”
Die Hislop-gesin het daarna die maatskappy oorgeneem wat al sewe dekades uitnemende diens verskaf.

Storie: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Exit mobile version