Local NewsNews

Skoolbussie met klippe bestook na rugbywedstryd

Drastiese veranderinge in die skedu­lering van laerskoolsportbyeenkomste gaan in die nabye toekoms op provinsiale vlak aangespreek word nadat Pietersburg Laerskool (PLS) se bussie wat die eersterugbyspan verlede Donderdagaand vanaf Tzaneen na Polokwane vervoer het, tydens oproer langs die pad met klippe bestook is. PLS se operasionele hoof, Jacques Bartlett, sê die skool sal definitief daarop …

Drastiese veranderinge in die skedu­lering van laerskoolsportbyeenkomste gaan in die nabye toekoms op provinsiale vlak aangespreek word nadat Pietersburg Laerskool (PLS) se bussie wat die eersterugbyspan verlede Donderdagaand vanaf Tzaneen na Polokwane vervoer het, tydens oproer langs die pad met klippe bestook is.
PLS se operasionele hoof, Jacques Bartlett, sê die skool sal definitief daarop aandring dat sportbyeenkomste of wedstryde vroeër geskeduleer moet word sodat besoekende skole nie in die donker hoef terug te reis nie om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.
Hy sê die seuns het ligawed­stryde teen Laerskool Tzaneen gespeel en die bestuurder, ‘n onderwyser, was op die Modjadjiskloofpad onderweg na Polokwane toe hulle waarskynlik deur ‘n onlusgeteisterde gebied beweeg het en die bussie met klippe bestook en twee ruite uitgegooi is.
Van die leerders het geringe skraapwonde opgedoen.
Die voorval het glo omstreeks 18:40 gebeur en hulle moes omdraai om ‘n alternatiewe roete oor Magoebaskloof te gebruik. Die bussie het ongeveer 20:30 by die skool gearriveer.
‘n Plaaslike leraar het Vrydag berading aan die eersterugbyspan gebied en die voorval is Vrydag by die Polokwane polisiestasie aangemeld.
Bartlett en beheerliggaamvoorsitter, Johan Wilken, het hul dank teenoor personeel en ouers uitgespreek wat uit hul pad gegaan het om hulp te verleen en onder­steuning gebied het.

Storie & foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button