Optog teen plaasmoorde, grondonteiening in stad gehou

As deel van ‘n nasionale veldtog het verskeie gemeenskapslede en boere in en rondom die stad verlede Donderdag aan ‘n optog deur die stad se strate deelgeneem om bewusmaking oor onder meer plaasmoorde, grondonteiening en misdaad te skep. Mede-organiseerder, James van den Bergh, sê dit is die tweede jaar wat die veldtog plaaslik gehou word …

As deel van ‘n nasionale veldtog het verskeie gemeenskapslede en boere in en rondom die stad verlede Donderdag aan ‘n optog deur die stad se strate deelgeneem om bewusmaking oor onder meer plaasmoorde, grondonteiening en misdaad te skep.
Mede-organiseerder, James van den Bergh, sê dit is die tweede jaar wat die veldtog plaaslik gehou word met verskeie boere en plaaslike gemeenskapslede wat hul stemme wil laat hoor sodat die regering daadwerklike pogings kan aanwend om veral plaasmoorde en ander misdaad hok te slaan.

Mede-organiseerder, James van den Berg verskaf finale reëlings voor die optog vertrek.

Provinsiale leier van die Nasionale Konserwatiewe Party (NKP), Valerie Bylieveldt, sê soos enige ander persoon die reg het om hulle sê te sê, so het boere die reg om hul gevoel oor plaasmoorde, grondont­eiening, rassisme en misdaad uit te druk. “Ons sal aanhou om optogte te hou totdat die regering op ons pleidooi en krete ag gee want almal is moeg vir misdaad.”
“Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrika om hande te vat. Sonder eenheid is daar nie ‘n toekoms vir mense in ons land nie.”

Storie & foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die optog deur die stad se strate.
Exit mobile version