Local NewsNews

Kerk versprei evangelie met kunstenaars

Sonnette Gouws is 'n gospel sanger van Louis Trichardt wat Polokwane op Sondag, 27 Mei besoek het om die gemeenskap met sang by Desert Ministries op Dalmada te bedien.

POLOKWANE – Die grootste doel van dié geleentheid was om plaaslike gospel-kunstenaars in Limpopo te bevorder en te ondersteun.

Freda Niemann, pastoorvrou van Desert Ministries, vertel dat Sonnette hulle gekontak het en versoek het om by hulle op te tree.

Lees ook: Bekende help Tiaan om beter te sien

“Sy het ons gekontak as gevolg van ons publieke sigbaarheid. Ons het so baie uitstekende en talentvolle kunstenaars in Limpopo wat nie die publisiteit kry wat hulle verdien nie,” meen Freda.

Die kerk se hoofdoel is om die evangelie te versprei en om dít te doen wil hulle graag kunstenaars vanuit ‘n breër spektrum kry om gereeld, verkieslik op ‘n jaarlikse basis, by hulle kerk op te tree.

“Sonnette het gospel liedjies gesing en ook die gehoor met woord en sang bedien. Ek hoop dat ander gemeentes ook plaaslike kunstenaars oor die breë spektrum sal nooi om by hul kerke op te tree om die evangelie te versprei.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button