Bosveld NewsNews

‘Inbreker’ by HPP-koshuis betrap

'n Verdagte is Dinsdagaand vasgetrek nadat hy en sy makker by 'n koshuis op Hoërskool Piet Potgieter se skoolterrein op heterdaad betrap is.

MOKOPANE – Jaco van den Berg, ‘n onderwyser van Hoërskool Piet Potgieter wat in die koshuis woon,vertel hy en sy kollega, Ruan Potgieter, het teruggekeer van ‘n inkopiesentrum toe hulle na 18:00 in een van die verdagtes vasloop in die koshuis.

“Die man het gemaak of hy dronk is en beweer hy weet nie waar hy is nie. Ek het hom vasgedruk, hy het los gekom en gevlug. Ek het hom toe agterna gesit en gevang. Intussen het ‘n tweede verdagte ons ontwyk en opvlug geslaan.”

Lees ook: 16-year-old suspect in custody following screwdriver attack

Volgens Van den Berg het hulle na verdere ondersoek gevind die verdagtes het toegang tot die perseel gekry met hulle eie voertuig.

“Binne in die voertuig het ons elektroniese toerusting gekry en ‘n televisie het in die gang gestaan wat hulle wou vat.”

Van den Berg sê Suricat Sekuriteit se reaksie-offisiere, Willie Harmse en Arno Bronkhorst, was vinnig op die toneel, so ook die polisie. “Ons wil regtig die polisie komplimenteer met hulle ondersoek. Daar is gevind dat die motor waarin die verdagtes gery het, aan een van die verdagtes se ma behoort. Sy is in kennis gestel dat haar seun betrokke was by die diefstal en gevlug het.”

Van den Berg sê ‘n foto van die verdagte is aan die huishulp by die koshuis gewys en sy beweer die man was al voorheen op die skoolterrein.”Dit is kommerwekkend hoe arrogant mense is om sommer helder oordag by ‘n skool in te ry om te roof. Dit is nou die tweede keer dat daar by die koshuis ingebreek word.”

Die woordvoerders van die polisie kon nie voor druktyd in die hande gekry word vir kommentaar nie.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button