Krugie-trommies reik na die sterre

Stokke is gegooi en vlae gewapper op die rugbyveld van Laerskool Krugerpark toe 13 skole aan die jaarlikse 'Day of the stars' Limpopo rasieleiers en majorette kompetisie deelgeneem het.

MOKOPANE – Waterberg High School, Laerskool Krugerpark, Potties Comprehensive School en Mokopane Primary School se trommies was almal daar.

Dié span van Laerskool Krugerpark het hulle beste gegee. Saam met hulle is Martie Viljoen (afrigter).

Laerskool Krugerpark het in hul ‘small drill’- afdeling vir hul hoofleidster ‘n vierde plek behaal, vir subleidsters ‘n tweede plek, vir vlaggies ‘n derde plek en ‘n algehele derde plek vir hul span.

Krugies het ook vir die eerste keer met ‘n junior trompoppiespan begin vir die gr. 2- en 3 leerders. Waterberg High School het laat weet dat daar ook nog vir hulle presiese punte gewag word.

Mokopane Primary School se rasieleiers afrigter, Violet Mahlanya, sê het hulle nog nie al die uitslae van hul groepe ontvang nie.

Martie Viljoen, Laerskool Krugerpark afrigter sê dit was ‘n goeie dag gewees en die reën het dit gelukkig nie bederf nie. Die volgende Provinsiale Majorette kompetisie sal op 9 Junie by Hoërskool Tom Naude plaasvind.

Damaris Ramasobana van Mokopane Primary wys hoe knap sy is met die gooi van haar stok.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version