Local NewsNews

Mev. Polokwane se kombersprojek slaan winter hot

Mev. Polokwane 2018, Janine Kruger, het onlangs 'n kombersprojek geloots waartydens sy komberse ingesamel het vir die minderbevoorregtes in die gemeenskap.

POLOKWANE – Op Maandag, 28 Mei, het sy van die komberse asook pakkies wat sy opgemaak het vir mammas wie se kinders vroeggebore is, aan Heart Drive oorhandig.

Heart Drive word bestuur deur Mariza Pelser en werk op ‘n uitruilbasis, waar mense klere kan kom ruil vir ander klere.

Leek ook: [WATCH] Janine Kruger crowned Mrs Polokwane 2018

“Ons komberse gaan natuurlik na die kankerpasiënte wat tans in en uit die hospitaal is vir chemoterapiebehandelings. Ons gee ook komberse aan bejaardes wat in die hospitaal behandeling ontvang. Ons pak die komberse in ‘n sak saam met ander benodighede, wat slaapklere, badbenodighede en pantoffels insluit. Sodra pasiënte in ‘n noodgeval hospitaal toe moet gaan of geskeduleerde behandelings moet ontvang, word die sak net so gevat. Vir bejaardes en pasiënte wat siek is en medikasie gebruik, is dit ideaal. Dit vergemaklik net die hele proses en die mense wat hulle bystaan se taak,” vertel Pelser.

Anna Nel is die suster aan die stuur van die projek en wanneer sy die pasiënte gaan besoek, maak sy seker dat die sak nog vol is en spoel die slaapklere uit indien nodig.

“Hierdie komberse is slegs vir hierdie doel beskikbaar as deel van ons projek. Dis bitter waardevol vir ons en gaan verskriklik baie help. Dankie ook aan Mev. Polokwane vir hierdie groot hulp. Julle het nie ‘n idee hoe baie ons dit waardeer nie.”

Janine vertel dat sy as deel van haar wenprys ‘n bedrag geld ontvang het en dat sy dit gebruik om items te koop wat in die pakkies vir vroeggebore babas gesit word.

“Ek het besluit om met my wengeld liefdadigheidsinstansies te ondersteun. Ek het kos vir die dierebeskermingsvereniging gekoop en nou die babagoedjies. Ek het twee pakkies vir vroeggebore babas opgemaak en daarin is badgoed, doeke en ook klere.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button