Local NewsNews

BREAKING NEWS – Suidskoolbussie met klippe bestook, leerders ontvang berading

‘n Plaaslike leraar sal vandag (Vrydag) berading aan Pietersburg Laerskool (PLS) se eersterugbyspan bied nadat die bussie waarin hulle gisteraand (Donderdag) vanaf Tzaneen na Polokwane gereis het tydens klaarblyklike oproer op die Modjadjiskloofpad met klippe bestook is. In ‘n perskonferensie vroeër vanoggend met die skool se operasionele hoof, Jacques Bartlett en beheerliggaamvoorsitter, Johan Wilken is …

‘n Plaaslike leraar sal vandag (Vrydag) berading aan Pietersburg Laerskool (PLS) se eersterugbyspan bied nadat die bussie waarin hulle gisteraand (Donderdag) vanaf Tzaneen na Polokwane gereis het tydens klaarblyklike oproer op die Modjadjiskloofpad met klippe bestook is.
In ‘n perskonferensie vroeër vanoggend met die skool se operasionele hoof, Jacques Bartlett en beheerliggaamvoorsitter, Johan Wilken is daar gesê: “Die bussie het waarskynlik deur ‘n onlusgeteisterde gebied beweeg toe die bussie met klippe bestook en twee ruite uitgegooi is en van die leerders geringe skraapwonde opgedoen het.”
Die voorval het omstreeks 18:40 gebeur en die bestuurder, wat ook ‘n onderwyser is, het ‘n U-draai gemaak en ‘n alternatiewe roete terug na Polokwane gery waar hulle omstreeks 20:30 by die skool gearriveer het.
Die voorval word vanoggend (Vrydag) by die polisie aangemeld.
Bartlett en Wilken het hul dank teenoor personeel en ouers uitgespreek wat uit hul pad gegaan het om hulp te verleen en ondersteuning gebied het.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button