Local NewsNewsUpdate

Baba Jayden na Ga-Rankuwa vir operasie oorgeplaas

Jayden Deacon is Donderdagmiddag laat na die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa noord van Pretoria oorgeplaas waar hy nou behandeling ontvang.

POLOKWANE – Jayden se ouers, Rocky en Michelle, het hom onlangs na die hospitaal in Thohoyandou, waar die gesin bly, geneem nadat hy nie sy kos ingehou het nie.

Lees meer: Help jong ouers met mediese sorg vir hul baba

Jayden is nou ses weke oud en na verskeie besoeke aan die hospitaal en dokters, is hy vroeg Woensdagoggend na Mangkweng Hospitaal geneem.

Hier het dokters ‘n sonar gedoen en gevind dat daar ‘n tipe vergroeisel in sy maag is wat vergroot elke keer as hy eet wat dan daartoe kan lei dat sy maagkleppe nie toegaan nie. Dit veroorsaak dan dat die kos wat hy geëet het weer terugstoot.

Dit word hipertrofiese maagsluitspiervernouing (hypertrophic pyloric stenosis) genoem. Laat Donderdagmiddag is Jayden dus oorgeplaas na die Dr George Mukhari Hospitaal waar dokters pypies in sy neus gesit het om die slym wat in sy liggam is, te dreineer.

Michelle waak heeltyd langs sy bed en vertel dat die dokters hom op ‘n drip gesit. “Die dokters moet dringend op Jayden opereer en hulle het die drip opgesit en vir my gesê Jayden moet eers ‘n bietjie sterkter word voor hulle dit kan doen. Hulle opereer glo net Vrydae en Maandae hier by die hospitaal. Ek hoop en bid dat hulle hom vandag al sal kan opereer. Ek is nie seker hoe groot die vergroeisel is nie of wat dit veroorsaak het nie.”

Rocky kan weens omstandighede nie by sy vrou en seun in die hospitaal wees nie en vertel dat hy rasend van bekommernis is. “Ek sit hier in Thohoyandou en weet nie presies wat aangaan nie. Dit voel vir my asof Jayden net daar lê en dokters niks doen om hom te help nie. Ek wil hom bitter graag in ‘n privaat instansie hê vir gespesialiseerde en individuele sorg maar ons is nie finansieel instaat om dit te doen nie.”

Die gesin het Child Medi Organisation gekontak vir hulp met Jayden se mediese sorg en om hom na ‘n privaat hospitaal te laat oorplaas en dié organisasie het toe ‘n rekening vir Jayden oopgemaak.

Rekeningbesonderhede: Child Medi Organisation. FNB tjekrekening. Rekeningnommer: 626 325 810 56. Takkode: 250655. Swiftkode: firnzajj. Verwysing: Baba Jayden.

Diegene wat meer inligting verlang kan Child Medi Organisation per e-pos by info@childmedi.org kontak. Seksie 18(A) belastingsertifikate is beskikbaar vir individue en besighede wat ‘n finansiële bydra tot Jayden se sorg maak.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button