Local NewsNews

Alta vertel van hul Bybel-uitreikaksie

Een keer 'n jaar vat Alta van Aardt en haar man, Ben, hul motorfiets en sluit aan by ander motorfietsryers wat vir die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap ry.

POLOKWANE – “Daar is ongeveer 45 motorfietse wat deel uitmaak van dié geselskap en 70 mense. Elke ryer borg 60 Bybels en sy passasier, wat ‘n agteroppie genoem word, borg 40 Bybels. Ons ry dan ongeveer 4 000 km in ‘n week se tyd,” vertel Alta.

Alta is ook deel van die Vroue Landbou Unie (VLU) Noord se Finesse Aandtak en sy het tydens hul laaste vergadering vir die ander vroue van hierdie uitreikaksie vertel.

Alta van Aardt demonstreer al die klere wat aangetrek moet word om hulle teen alle weerstoestande te beskerm tydens die reis om Bybels uit te gee.

“Die Bybelgenootskap in Suid-Afrika vier oor twee jaar hul 200ste bestaansjaar. Hulle druk Bybels in die tale vir die area waarin ons dit gaan aflewer. Hierdie jaar was ons aan die Weskus waar ons arm gemeenskappe en skole besoek het.”

Sy vertel dat hulle op slegte grondpaaie en ook teerpaaie moet ry en gereed moet wees vir enige weerstoestand. Die toer het 10 jaar gelede met slegs agt ryers begin en nou word die 45 motorfietse in drie groepe opgedeel. Elke groep gaan na ‘n ander area in die omgewing waar hulle ry.

“Ek het pilhouers wat ongeveer 27 R2-stukke vat. Dit is bykans genoeg om ‘n Bybel te borg. Met hierdie geld kan ‘n mens vir iemand sy eie Bybel gee. Ons gee nuwe Bybels aan die kinders, want vir meeste van hulle is dit die eerste nuwe ding wat hulle het. Soveel keer hoor ons daar is ‘n Bybel in hul huis, maar dit is hul ma sin en nie hulle sin nie. Dus wil ons graag vir elke kind sy eie Bybel gee wat hy syne kan noem.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button