Local NewsNews

Doen jou deel, leer om te herwin

Altesaam 2,15 miljard plastiekbottels is verlede jaar in die land herwin. Dit is 'n rekordgetal en maar net 10% van wat herwinbaar is volgens 'n sakeman van Mokopane.

MOKOPANE – Mark Scholtz van In2Recycling sê daar is ‘n positiewe neiging om afval te herwin, maar hy meen daar is nog harde werk wat voorlê om ‘n positiewe impak op die natuur te maak.

“Ek glo ons herwin nog net 10% van wat herwinbaar is. As mens na die stortingsterrein gaan dan sien mens hoeveel herwinbare produkte mense nog weggooi. Dit het ‘n reuse impak op ons omgewing. Verskillende soorte plastiek neem verskillende tydperke om af te breek. Dit kan van 450 jaar tot ‘n 1 000 jaar neem om af te breek.”

Scholtz sê: die gemeenskap kan hulself gelukkig ag dat die munisipaliteit gratis herwinningsdromme aan inwoners gee en In2Recycling kollekteer dit dieselfde dae wat die munisipale vullistrokke vullis verwyder.

Volgens Sholtz is plastiek ‘n gerieflike medium van verpakking en is dit die rede hoekom daar ‘n oorvloed van plastiek verbruik is.

Hannelie van der Walt, ‘n ywerige herwinner en besigheidsvrou sê: “Ek herwin alles wat plastiek is en probeer ook om minder plastiek te gebruik. Ek dink ook Suid-Afrika is al ‘n voorloper van plastiek herwinning en bereik sulke rekord getalle juis oor ons te veel plastiek gebruik.”

Ansa Smit van Kansa sê om die besluit te neem om groener te leef is nie iets wat oornag gaan gebeur nie.

“Jy moet jou self voorberei om ‘n bietjie ongerief te vedra vir ‘n tydperk. Die maklikste is om klein te begin soos deur nie strooitjies te gebruik by restaurante nie, neem ‘n houer saam vir wegneem etes of jou eie beker vir wegneem koffie. Dit moet ‘n lewensstyl word.”

Volgens Cheri Scholtz, hoof uitvoerende beampte van PETCO, het Suid-Afrika ‘n rekord van 2,15 miljard PET plastiekbottels wat 93 235 ton weeg in 2017 herwin.

“Dit spaar 578 000m3 stortingsterreine en skep 64 000 inkomste-genererende geleenthede in die proses.

Cheri sê die organisasie is opgewonde oor die jongste syfers, wat Suid-Afrika in ooreenstemming bring met internasionale herwinningskoerse.

“Deur die merkwaardige netwerk van mense, maatskappye en organisasies wat saamwerk, is 5,9 miljoen PET-bottels elke dag in die loop van 2017 vir herwinning in Suid-Afrika ingesamel, wat duisende inkomste-genereer geleenthede vir klein en mikro-versamelaars skep, en verander hul lewens en dié van hul gesinne in onmeetbare maniere. ”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button