Osies maak reg vir Cravenweek

Elf o.13-rugbyspelers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is Saterdag gekies om aan die o.13-Cravenweek in Kimberley deel te neem. Reuben Weyer, Deon van Huyssteen, Henré Venter, Braam Swanepoel, Devan Janse van Rensburg en JJ Cromhout sal vir die o.13A-span uitdraf, terwyl Jan-Keyser Albertyn, Jan-Hendrik Venter, Wian Terblanch, Hardus Ferreira en Thys Manders vir die o.13B-span gekies …

Elf o.13-rugbyspelers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is Saterdag gekies om aan die o.13-Cravenweek in Kimberley deel te neem.
Reuben Weyer, Deon van Huyssteen, Henré Venter, Braam Swanepoel, Devan Janse van Rensburg en JJ Cromhout sal vir die o.13A-span uitdraf, terwyl Jan-Keyser Albertyn, Jan-Hendrik Venter, Wian Terblanch, Hardus Ferreira en Thys Manders vir die o.13B-span gekies is.
Die spelers sal binnekort as ‘n span begin oefen om voorbereid te wees vir die toernooi wat van 1 tot 6 Julie by Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaasvind.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Oosskool-leerders wat vir die o.13B Limpopospan vir Cravenweek gekies is, is Wian Terblanche, Jan-Hendrik Venter, Jan-Keyser Albertyn en Hardus Ferreira. Afwesig: Thys Manders.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version