MannheiM Pub and Grill ‘n gewilde nuwe kuierplek vir almal

MannheiM Pub and Grill in Ladanna se openingsaand Vrydag het bewys dat die stad nog steeds ‘n behoefte het aan ‘n veilige kuierplek waar gaste heerlike kos en ‘n verskeidenheid drankies teen bekostigbare pryse kan geniet. Eienaars Rikus Steenberg en Joe Snow is dit eens dat hul spyskaart en onoortreflike diens in oud en jonk …

MannheiM Pub and Grill in Ladanna se openingsaand Vrydag het bewys dat die stad nog steeds ‘n behoefte het aan ‘n veilige kuierplek waar gaste heerlike kos en ‘n verskeidenheid drankies teen bekostigbare pryse kan geniet.
Eienaars Rikus Steenberg en Joe Snow is dit eens dat hul spyskaart en onoortreflike diens in oud en jonk se smaak sal val en dat dié kuierplek, wat voorheen as Hoofkantoor bekend was, se besondere atmosfeer ‘n nuwe tuiste sal bied.
MannheiM Pub and Grill se ‘Sloppy Joe’ en MannheiMburger het reeds op die openingsaand groot byval gevind en van die jonger gaste het tot in die vroeë oggendure by die potspeltafels gekuier. ‘n Ontbyt bestaande uit spek en eiers, ‘n kaasworsie, skyfies en sous met roosterbrood is op die uitgebreide spyskaart wat ook roostergeregte, geroosterde toebroodjies, kaasburgers, ribbetjies en hoendervlerkies insluit. Happiebordjies (platters) sorg dat daar iets vir elkeen is om aan te peusel.
Steenberg sê dat MannheiM Pub and Grill se veilige parkeerplek een van die besigheid se bates is. “Kinders is ook welkom en ons beoog om dit ‘n kuierplek van keuse te maak waar gaste ‘n onvergeetlike bosveldervaring kan hê,” sê Steenberg.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Ockert Oosthuizen, Krog Naudé, Martin du Preez en Hendrik van Jaarsveldt wy die potspeltafel in.
Emile Lategan, Joe Snow, Chirsja Prinsloo en De Wet Combrink toets die potspeltafel uit.
Susters Zanel en Danielle van der Westhuizen geniet ‘n drankie.
Kobus en Twanette Joubert is gereed om ‘n gereg op die spyskaart op die proef te stel.
MannheiM Pub and Grill se ‘Sloppy Joe’ was reeds op die openingsaand ‘n gunsteling.
Die ‘Platter for one’ bied ‘n verskeidenheid eetgoed.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version