Local NewsNews

Kyk hoe Molly die polisiehond boewe help vastrek

Ao. Eugene Grobbelaar polisie se honde-eenheid en sy hond, Molly, is tans die hond en hanteerderspan in die stad wat biologiese menslikeliggaamsvloeistofsnuffelhond wat menslike vloeistof op moord- en verkragtingstonele kan opspoor.

Grobbelaar verduidelik dat alhoewel Molly nog ‘n jong hond is, sien hy groot potensiaal en hy is seker daarvan dat hul as span nog vele verkragters en moordenaars gaan vastrek. “Daar is ‘n baie spesiale band tussen hond en hanteerder en die sukses van enige hond het baie te doen met sy hanteerder,” verduidelik hy.

Hy sĂȘ Molly se reuksintuie is so fyn dat sy so min as 0,05 ml semen of menslike bloed kan opspoor en hom presies wys waar dit is.

“Forensies is baie tegnies en daar is altyd ‘n kans dat resultate dalk verkeerd kan wees maar ‘n hond se neus maak nie sommer ‘n fout nie.”

Kyk hoe hy en sy getroue Molly te werk gaan, en hoe sy presies vir hom wys waar die klein papiertjie met semen op versteek is.

Lees meer oor Grobbelaar en Molly, asook ander gespesialiseerde polisie-eenhede, in hierdie week se Review.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button