NewsSchools

Kruinies verwerf Limpopo­kleure in verskeie sportkodes

Voortgesette harde werk en deursettingsvermoë op die sportveld het gesorg dat verskeie leerders van Curro Heuwelkruin vanjaar in onderskeie provinsiale spanne ingesluit word. Uitblinkers is nie net op die rugbyveld, hokkie- en netbalbaan raakgesien nie, maar selfs op die gholfbaan en agter die skaakbord het Kruinies die keurders in so ‘n mate beïndruk dat hul …

Voortgesette harde werk en deursettingsvermoë op die sportveld het gesorg dat verskeie leerders van Curro Heuwelkruin vanjaar in onderskeie provinsiale spanne ingesluit word.
Uitblinkers is nie net op die rugbyveld, hokkie- en netbalbaan raakgesien nie, maar selfs op die gholfbaan en agter die skaakbord het Kruinies die keurders in so ‘n mate beïndruk dat hul plekke in die Limpopospan verseker is.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Rugbymanne wat vir die Limpopospan gekies is, is voor Ndzalama Mabasa (o.18), Deon Kriel (o.16) en Ofentse Maubane (o.18). Agter is o.18-spelers, Reece Wynne, Dewan Jacobsz, Streicher Claassens en Henco Heslinga.
Dié groep hokkieseuns is vir die provinsiale span gekies. Voor is Jan-Lou de Beer (o.16), Mechann Botma (o.14), Henco Botha (o.16) en Kgosi Mashabane (o.18). Agter is Onthi Maredi (o.18), Tyron Serradinho (o.16), Stephan du Preez (o.16), Andani Ramatsea (o.16) en Simon Westhoff (o.18).
Ndzalama Lubisi en Kayla Spies (o.18) en Carli Spies (o.15) is vir die provinsiale netbalspan gekies.
Kruinies se laerskoolleerders, Mthokozisi Tshabalala, Anro Botma en Hanno van Zyl is vir die o.12A-Limpopospan gekies.
Charné Hartley (o.15) is vir die Limpopo-skaakspan gekies.
Charmoné Oosthui­zen (o.15) verwerf provinsiale kleure in stoei.
Jan-Hendrik Nieuwoudt (o.15) is deel van Krui­nies se gholfspan wat vanjaar die B-liga gewen het en het onlangs Limpopokleure verwerf.
Die o.13-hokkiespelers van Kruinies se laerskool, Kholofelo Teffo en Migual Pereira, verwerf Limpopokleure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button