Local NewsNews

Provinsie staar R7.6 biljoen regsgedinge in die gesig

Regter-president Ephraim Magoba het onlangs die skokkende onthulling gemaak dat die provinsiale regering regsgedinge ter waarde van R7,6 billjoen in die gesig staar.

POLOKWANE – Hy het hierdie stelling onlangs tydens die inter-provinsiale staatsregsadviseursforum gemaak.

Makgoba het die Limpopo-regering gekritiseer omdat hulle teen 80% van bevindinge van regsgedinge in die Hoërhof geappelleer het die afgelope twee jaar.

Die bevindinge is verder vererger deur’n verslag deur die Premier se kantoor wat bevind het dat daar meer as 1 000 siviele regsgedinge hangend is teen die provinsie.

Die Department van Gesondheid, Onderwys en die Limpopo Padagentskap is as die sondebokke uitgesonder wat meer dikwels deur werknemers, diensverskaffers en lede van die gemeenskap hof toe gesleep word.

Gesondheid is aan die bo-punt van die lys met 831 sake hangend, meestal vanweë mediese nalatigheid. Dié sake het vanaf 179 sake tot 831 toegeneem in ‘n tydperk van drie jaar.

Eise teen Onderwys het vanaf 376 tot 556 in dieselfde tydperk toegeneem. Die sake sluit in sake ten opsigte van kontraktuele eise, aanranding (lyfstraf) en beserings.

Vervoer het 160 eise as gevolg van slaggate.

Die Kantoor van die Premier en die Department van Samewerkende Regering, Behuising en Tradisionele Aangeleenthede het meerendeels eise oor tradisionele leierskapposisies.

Gesamentlike eise teen die Departmente van Gesondheid en Onderwys beloop meer as R6 biljoen.

Die DA meen die verslag bewys dat departementele regsspanne nie opgewasse vir hulle taak is nie.

Planne om die talle aksies te verminder sal glo net planne op papier bly, met geen oplossing vir die roekelose gedrag deur beamptes nie.

Kenny Mathivha, Woordvoerder van die Premier se kantoor sê die provinsiale regering is diep bekommerd oor die uitgawes op litigasie.

Hy sê dat netwerke vasgevat is waar die padongelukkefonds misbruik is en dokters met prokureurs saamgewerk het om ongehoorlike bedrae te eis.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button