PLS leer meer oor mensehandel

Laerskool Pietersburg (PLS) se leerders is onlangs besoek deur lede van die Stop Trafficking of People (Stop) organisasie.

POLOKWANE – Dié organisasie is ‘n onafhanklike Christelike-waarde gebaseerde organisasie wat daarop gemik is om bewusmaking te skep en die publiek in te lig en op te voed oor mensehandel. Hiadee van Well en Mariska Hyland het die skool kom besoek om met die leerders te praat oor die werklikheid van mensehandel en hoe dit almal raak.

Foto: Verskaf

“Ons glo dit is moontlik om ‘n blywende impak te maak op ons samelewing deur bewusmakingsveldtogte, veral by skole,” vertel Van Well.

Die organisasie is ook in vennootskap met ander organisasies wat help met die bekamping van mensehandel.

Tydens die besoek is die leerders geleer van hul eie liggame en emosies en hoe hulle weet as daar fout is en hulp nodig het.

Foto: Verskaf

Die leerders is ook vertel van die betekenis van mensehandel en hoe hulle moet wegbly van situasies en mense wat hulle nie ken nie en sodoende voorkom om ‘n slagoffer te word van mensehandel.

“Ons het besluit om dit ons missie te maak om Suid-Afrikaners bewus te maak en te waarsku teen die realiteit en gevare van mensehandel en sodoende dit in die land te bekamp,” verlet sy.

Foto: Verskaf

Die leerders is aan die einde van die praatjie elk ‘n gebreide pop gegee as geskenk en ook om hulle bewuste maak oor hulself en hul eie veiligheid.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version