Tommies kry nog onderskeidings na hermerk van matriekvraestelle

Verlede jaar se graad 12-leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat van hul antwoordstelle laat hermerk het se uitslae is onlangs bekendgemaak en drie leerders het gesamentlik ‘n ekstra ses onderskeidings verwerf. Tommies se top graad 12-leerder, Chris Viljoen het nog twee onderskeidings, 81% vir Afrikaans en 80% vir ingenieursgrafika en -ontwerp wat sy …

Verlede jaar se graad 12-leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé wat van hul antwoordstelle laat hermerk het se uitslae is onlangs bekendgemaak en drie leerders het gesamentlik ‘n ekstra ses onderskeidings verwerf.
Tommies se top graad 12-leerder, Chris Viljoen het nog twee onderskeidings, 81% vir Afrikaans en 80% vir ingenieursgrafika en -ontwerp wat sy totale onderskeidings nou tot op sewe gebring.
Verlede jaar se hoofseun, Armich Lottering het ‘n verdere twee A-simbole in Engels eerste addisionele taal en elektriese tegnologie bygekry en spog nou met vier onderskeidings terwyl Ignatius Rademeyer breëbors oor sy ekstra twee onderskeidings in Engels eerste addisionele taal en siviele tegnologie is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Armich Lottering is twee onderskeidings ryker.
Ignatius Rademeyer het nou nóg twee onderskeidings.
Exit mobile version