NewsSchools

Suidskool-skaakspanne maak regte skuiwe tydens Super 12

Die junior- en senior skaakspan van Pietersburg Laerskool wat onlangs aan die Super 12 Skaaktoernooi in Pretoria deelgeneem het, het hul goed van hul taak gekwyt deur onderskeidelik ‘n algehele sesde- en elfde plek te behaal. Skaakorganiseerder, Linda Myburgh, sê daar was ongeveer 25 deelnemende skole en spelers het hul beste gedoen alhoewel sommige harder …

Die junior- en senior skaakspan van Pietersburg Laerskool wat onlangs aan die Super 12 Skaaktoernooi in Pretoria deelgeneem het, het hul goed van hul taak gekwyt deur onderskeidelik ‘n algehele sesde- en elfde plek te behaal.
Skaakorganiseerder, Linda Myburgh, sê daar was ongeveer 25 deelnemende skole en spelers het hul beste gedoen alhoewel sommige harder voor die toernooi kon oefen om beter prestasies te verseker. Juniors, Ronel Brits en Morné Joubert, en senior speler, Justin Basson, het elk ‘n bordprys tydens die toernooi behaal.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die senior skaakspan wat 11de geëindig het, is Eric Hoon, Reginald Schnugh, Christelle Swart, Marilene van den Berg en Simoné de Villiers. Agter is Reuben Pretorius, Justin Basson, Shaun Becker, Dewan Gobey, Janco Swart en Jayden Malan met spanbestuurder, Linda Myburgh.

Related Articles

Back to top button