Local NewsNews

Retsini Kwekery se oorspronklike eienaar sterf

Bekende en geliefde inwoner van Polokwane, Stephanus Besini (Blackie) Swart word na 78 jaar gegroet. Blackie en sy vrou, Retha het 35 jaar gelede Retsini Kwekery begin wat die afgelope 17 jaar deur sy dogter, Stephnee, en haar man Brett Hughes bestuur word. Die naam Retsini is ‘n samevoeging van sy tweede naam (Besini) en …

Bekende en geliefde inwoner van Polokwane, Stephanus Besini (Blackie) Swart word na 78 jaar gegroet. Blackie en sy vrou, Retha het 35 jaar gelede Retsini Kwekery begin wat die afgelope 17 jaar deur sy dogter, Stephnee, en haar man Brett Hughes bestuur word. Die naam Retsini is ‘n samevoeging van sy tweede naam (Besini) en Retha se name.
Stephnee sê hy het in sy aftreejare met beeste gespekuleer en was hy baie lief vir sy beesboerdery. Hy was onder die beesboere as ‘n kenner van beeste bekend.
“My pa was liefdevol en vrygewig met ongelooflike groot hande wat altyd sag en met liefde gewerk het. Die boemelaars het hom selfs by sy hek ingewag want hulle het geweet hy sal hulle nie wegwys sonder om hulle iets te gee nie,” sê Stephnee wat hom as ‘n toonbeeld van liefde sal onthou.
Benewens Retha en Stephnee, word hy ook oorleef deur drie ander dogters, Reneé, Nadine en Heidi, en ‘n seun, Besini asook 11 kleinkinders en vyf agterkleinkinders.
‘n Roudiens vind vandag (Donderdag) by die Agape Kerk, Kiddsrylaan, Ivydale om 11:00 plaas.
Vir navrae kontak Stephnee by 082 561 4479.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button