NewsSchools

PHS-nebalspanne wys Kruinies wie is baas

Curro Heuwelkruin se netbalspanne het swaar onder Hoërskool Pietersburg (PHS) se aanval tydens die onlangse ligawedstryde gebuk gegaan. Pieties het elke wedstryd oorheers en die Kruinies min geleentheid by die doelpaal gegee. PHS se o.14A- en o.15A-span wen 37-1 en 23-12 onderskeidelik met die o.17A-span wat met ‘n wegholsege van 45-6 seëvier. Die eerstespanne het …

Curro Heuwelkruin se netbalspanne het swaar onder Hoërskool Pietersburg (PHS) se aanval tydens die onlangse ligawedstryde gebuk gegaan. Pieties het elke wedstryd oorheers en die Kruinies min geleentheid by die doelpaal gegee. PHS se o.14A- en o.15A-span wen 37-1 en 23-12 onderskeidelik met die o.17A-span wat met ‘n wegholsege van 45-6 seëvier.
Die eerstespanne het mekaar ‘n harde tyd op die baan gegee, maar Pieties was sterker en het ‘n 21-18-sege behaal.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kruinies se o.15A-speler, Maggie Lekganyane raap die bal voor PHS se Ashley Kruger weg.
Odine Swanepoel van PHS se o.15A-span en Kruinies se Pele Takalo.
Zandri Swartz, PHS se eerstespansenter voer die bal.

Related Articles

Back to top button