Carmen wil ‘n verskil maak

Ongeveer twee jaar gelede het Carmen Gerner reeds die behoefte gehad om deel te neem aan Mev. Polokwane, maar sy was nog nie oud genoeg nie.

POLOKWANE – Dus het sy hierdie jaar, nadat sy in Januarie 25 jaar oud geword het, het sy haar kans aangegryp om in te skryf.

“Ek het gevoel ek wil ‘n verskil maak en met ‘n organisasie soos Mev. Polokwane kan my help,” vertel sy waar ons sit en kuier.

Lees ook: Here are your finalists for Mrs Polokwane 2019

Carmen is die ma van twee dogtertjies wat sy en haar man, Mario, saam het en naweke kuier haar man se twee kinders ook by hulle.

“Mario ondersteun my besluit om deel te neem aan die Mev. Polokwane kompetisie. My familie is vir my baie belangrik en ek spandeer al my vrye tyd saam met hulle. Ek wil he ons kinders moet belangrik voel en weet dat hulle spesiaal is.”

Elke finalis moet ‘n liefdadigheidsorganisasie kies vir wie hulle geld insamel. Carmen het besluit om ‘n plaaslike skool, Four Seasons Academy & Impaq Centre, te ondersteun.

“Kinders met outisme en Downsindroom lê my na aan die hart en ek het uitevind dat hierdie skool kinders help hierdie kinders. Hulle is nie ‘n nie-winsgewende organisasie nie, en neem dikwels kinders in wat nie die skoolfonds kan bekostig nie. Die gebou en speelarea gaan agteruit en ek wil graag help om dit vir hulle op te knap.”

Sy vertel dat sy nog nie ‘n vasgemaakte geldinsamelings-geleentheid het nie, maar dat sy beslis iets spesiaal beplan om geld in te samel vir die skool.

“Ek hoop om in my reis as finalis te leer hoe om verskillende mense te nader en mense wat nie dieselfde oortuigings as ek het nie, te oortuig om steeds hul deel vir liefdadigheid te doen. Tot en met nou het ek reeds soveel geleer. Baie mense dink dit is net ‘n skoonheidskompetisie, maar dit is soveel meer. Ek sien vreeslik uit na die volgende paar maande.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version