‘Mia Muis’ vier eerste verjaarsdag

Mia is verlede jaar op 26 weke in die Mankweng Hospitaal gebore.

POLOKWANE – “Mia ons lyfie, jy is 1. Ons is so so dankbaar ons het hierdie mylpaal behaal. Jy was ons Mia Muis, jy was ‘n piepklein mensie en kyk net vandag. WOW. Ons is vreeslik baie lief en trots op jou.” (sic) lees Christelle Swanepoel se onlangse inskrywing op haar dogter, Mia le Grange, se Facebookblad.

Lees meer: [LUISTER] Baba Mia se ma vertel hoe dit met haar gaan

Haar ouers, Christelle, en Louis la Grange, is voorwaar trots.

Mia is verlede jaar op 26 weke in die Mankweng Hospitaal gebore. Nadat die gemeenskap ingespring het en geld ingesamel het, is sy na die Mediclinic Limpopo oorgeplaas waar sy vir bykans twee maande versorg is.

Lees meer: ‘Ek het nooit gedink mense kan so saamstaan nie’, sê baba Mia se ma

Slegs drie dae voor Mia twee maande oud sou word, het Christelle en Louis die goeie nuus gekry dat hulle haar huistoe kan neem.

Lees meer: Baba Mia se eerste keer by die huis na twee maande

Daar was ook probleme met Mia se knie, maar dit is intussen opgelos en sy ervaar geen probleme meer nie.

“Mia is oor die algemeen ‘n vriendelike, gesonde kind en net ‘n plesier om in die huis te hê,” vertel Christelle terwyl sy vir Mia voer.

“Sy hou nie van groente nie en eet nog nie vaste kos nie. Sy is baie lief vir fyngemaakte vrugte.”
Mia het onlangs mangelontsteking gehad, maar dokters het dit behandel en tans is Mia weer haar ou self.

Kyk ‘n mens na Mia kan jy nie glo dat sy so bitter klein met geboorte was nie. Alhoewel sy reeds alleen kan sit, kan sy nog nie kruip nie.

“Sy geniet magietyd en begin al haar arms en bene beweeg asof sy wil kruip,” vertel haar ma oor Mia se mylpale.

Christelle en Louis beoog om ‘n Minnie-muispartytjie vir Mia te hou.

“Dit is ‘n groot mylpaal.Ons het almal genooi wat ons in hierdie afgel ope jaar bygestaan het.”

Mia is lief daarvoor om na haar visse in die vistenk te kyk of met die kar te speel. Sy geniet dit ook as Christelle die selfoon neem om te begin foto’s neem en dan word daar geglimlag en soms selfs kliphard gelag.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version