PHS-hokkie­spanne kook­water tydens Tuksreeks-finaal

Die finale wedstryde van die jaarlikse Tuks-skolereeks is Vrydag en Saterdag in Gauteng gespeel en Hoërskool Pietersburg (PHS) se seuns- en meisieshokkiespanne het uitmuntend presteer. Die hokkiemeisies het ‘n algehele derde plek en die -seuns ‘n algehele tweede plek verower. Die prestasies is moontlik gemaak deur die spanne se harde werk, voortgesette momentum en puik …

Die finale wedstryde van die jaarlikse Tuks-skolereeks is Vrydag en Saterdag in Gauteng gespeel en Hoërskool Pietersburg (PHS) se seuns- en meisieshokkiespanne het uitmuntend presteer.
Die hokkiemeisies het ‘n algehele derde plek en die -seuns ‘n algehele tweede plek verower. Die prestasies is moontlik gemaak deur die spanne se harde werk, voortgesette momentum en puik samespel van die eerste kragmetings af.
Die o.15A-hokkiespan is die algehele wenners (sien storie elders) en Cari Schulenburg is as Speler van die Week aangewys. Die o.14B-span is naaswenners en die o.14A- en o.15B-span eindig albei derde in hul ouderdomsgroep.
Die seuns se o.14- en o.16-span is naaswenners in hul ouderdomsgroep terwyl die eerstespan bronsmedaljewenners is. Eerste­spanspeler, Ivan Reynecke is as Speler van die Week aangewys.
Ander sportkodes se algehele uitslae is as volg: Rugby elfde, gholf en muurbal tiende, netbal, landloop en skaak negende en tennis sesde. Die skool het algeheel tiende in die reeks geëindig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Opgewonde o.15B-hokkiemeisiespan nadat hulle ‘n algehele derde plek verower het.
Die o.14A-hokkiemeisies is bronsmedaljewenners.
Die eerste seunhokkiespan behaal ‘n bronsmedalje.
PHS se o.14-hokkieseuns is naaswenners.
Die o.16-hokkieseuns is trotse silwermedaljewenners.
Exit mobile version