NewsSchools

Kore maak reg vir Applous by ATKV-werkswinkel

Verskeie kore in en om die stad het hul bes gegee tydens die onlangse ATKV Applous koorkompetisie werkswinkel.

POLOKWANE – Dié werskwinkel was op Maandag, 7 Mei in Hoërskool Pietersburg (PHS) se skoolsaal aangebied en deelnemende kore kon elk vier liedjies sing waarop hulle beoordel was. Hulle was na hul optrede dan van brons tot cum laude gemerk en het raad ontvang oor hoe hulle kan verbeter en watter areas nog aandag verg.

Brons is toegeken vir ‘n prestasie tussen 60% en 69%, silwer tussen 70% en 79%, goud tussen 80% en 89% en cum laude bo 90%.

https://www.facebook.com/hspietersburg/videos/2016753948367060/

Die ATKV-Applous kompetisie het vanjaar slegs een rondte – die streeksfeeste. ’n Koorleierskursus word saam met die streeksfeeste aangebied en word gebruik om Suid-Afrikaanse kore wat aan die World Choir Games 2018 (WCG) in Pretoria, Gauteng gaan deelneem, met hul voorbereiding te ondersteun.

Die streeksfeeste het op 2 Mei en eindig op 9 Junie.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button