Jong entrepreneurs verkoop Moedersdaggeskenke

Laerskool Pietersburg-Oos se graad 5 en 6-leerders het Vrydag Moedersdaggeskenke by verskeie stalletjies verkoop. Volgens Marlene Thomson, gemoeid met leerderaangeleenthede, het 48 leerders 25 tafels beman en was die dag ‘n groot sukses. “Entrepreneursdae bied aan leerders geleentheid om hulle kreatiwiteit te gebruik en met sakevernuf te kombineer.” Layla Marais en Elmien Pieterse, graad 5, …

Laerskool Pietersburg-Oos se graad 5 en 6-leerders het Vrydag Moedersdaggeskenke by verskeie stalletjies verkoop. Volgens Marlene Thomson, gemoeid met leerderaangeleenthede, het 48 leerders 25 tafels beman en was die dag ‘n groot sukses. “Entrepreneursdae bied aan leerders geleentheid om hulle kreatiwiteit te gebruik en met sakevernuf te kombineer.”
Layla Marais en Elmien Pieterse, graad 5, het ‘n badsout- en boekmerkstalletjie gehad terwyl Dalize Barnard, graad 6, serpe verkoop het. Pragtigversierde kolwyntjies is deur Shané du Plessis en Rochelle van Niekerk, graad 5, van die hand gesit.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Wat is lekkerder as ‘n pragtige kolwyntjie vir Moedersdag? Shané du Plessis en Rochelle van Niekerk glimlag breed oor die sukses van hul verkope.
Layla Marais en Elmien Pieterse verkoop badsout en boekmerke as Moedersdaggeskenke.
JC Coetzee en Luhann Janse van Rensburg reken springmielies is altyd ‘n wenner.
Dalize Barnard meen ‘n oulike serpie is net die ding vir Moedersdag omdat die winter om die draai is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version