NewsSchools

Boet Fickliga – Kruinies bult spiere teen universiteit

Kruinies Rugbyklub het Saterdag tydens die sesde ronde van die jaarlikse Boet Fickliga hul eerste punte op die bord gesit nadat hulle beide spanne van die Universiteit van Limpopo oorrompel het. Kruinies het sedert die afskop van die eerste wedstryd geweldige druk op die opponerende spanne geplaas en die voordeel van hul tuisveld gebruik om …

Kruinies Rugbyklub het Saterdag tydens die sesde ronde van die jaarlikse Boet Fickliga hul eerste punte op die bord gesit nadat hulle beide spanne van die Universiteit van Limpopo oorrompel het.
Kruinies het sedert die afskop van die eerste wedstryd geweldige druk op die opponerende spanne geplaas en die voordeel van hul tuisveld gebruik om ‘n sege te verseker.
Die tweede span het 45-12 geseëvier met Rudi Grobler wat as man van die wedstryd aangewys is. Johan Bekker van die eerstespan is as man van die wedstryd aangewys nadat hulle die universteit 71-5 geknak het.
Goldwagen Noordelikes het ook Saterdag teen die verdedigende kampioene, Northam Rhinos, op hul (Northam) tuisveld uitgedraf, maar tweede viool tydens dié kragmeting gespeel. Die eerstespan het 24-41 verloor, terwyl die tweede span met 14-85 die knie moes buig.
Beide plaaslike spanne het Saterdag ‘n loslootjie, maar sal volgende naweek onderskeidelik teen Potgietersrus Rugbyklub en die Universiteit van Venda kragte meet.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Janru Venter van Kruinies breek deur die verdediging.
Johan Heyneke beur vorentoe met die bal, terwyl Johan van Zyl ondersteuning bied.
Johan van Zyl van Kruinies word nie maklik grond toe gebring nie.
Kruinies se Thys de Beer het die doellyn voor oë, maar loop hom teen die verdediging vas.

Related Articles

Back to top button