Local NewsNews

[VIDEO] Lag beslis op die spyskaart by A La Carte

A La Carte vind plaas van Donderdag, 24 Mei tot Saterdag, 26 Mei elke aand om 18:30 by Tom Naudé se skoolsaal.

POLOKWANE – Lede van die twee Tafelrondes in die stad, Tafelronde Pietersburg 22 en Tafelronde Impala 157, is reeds ‘n paar maande besig om te oefen vir vanjaar se A La Carte.

Lees meer: [VIDEO’S FOR A MATURE AUDIENCE ONLY] Round Table a La Carte

Die A La Carte is ‘n opvoering van die hoogste gehalte wat deur die lede van die Tafelrondes en hul vroue opgevoer word en beloof om gaste behoorlik te laat skaterlag.

“Daar is verskillende skits wat deur ons opgevoer word,” vertel Vos Botha, Voorsitter van die Tafelronde Impala 157. “Een van die skits is ‘n uiters professionele, gechoreografeerde balletdans waaraan ons werk. Ons het bloed, sweet en trane ingesit en dit is beslis iets wat nie misgeloop moet word nie.”

A La Carte vind plaas van Donderdag, 24 Mei tot Saterdag, 26 Mei elke aand om 18:30 by Tom Naudé se skoolsaal.

Kaartjies kos R3 000 vir ‘n tafel van 10 en sluit ‘n ete in. Daar is ‘n kontantkroeg beskikbaar.

Bespreek jou kaartjies vroegtyding om teleurstelling te voorkom. Lees ook in hierdie week se Review wat die Tafelronde-akteurs oor die opvoering te sê het.

Kaartjies is beskikbaar by:

James 079 255 9274 of james@thinkink.co.za

Gerhard by 082 052 8080 of Gerhard-booysen@hotmail.com

Vos by 072 613 6216 of safety@hillary.co.za

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button