Local NewsNews

Heidi-Lene tuis, op herstelpad na weke in hospitaal

Heidi-Lene het op 11 Maart saam met vriende by die Albasinidam net buite Louis Trichardt gekuier toe sy in 'n ongeluk betrokke was waarna sy sedertdien in die hospitaal behandel is.

POLOKWANE – Heidi-Lene Jonck is by die huis na sewe weke in die hospitaal.

“Waar begin ek, met alles wat die afgelope paar dae gebeur het,” so begin Elze-Marie du Preez, Heidi-Lene se suster, haar boodskap op Sondag.

Heidi-Lene, wat soos ‘n kind in Elze-Marie en haar man, Hagar, se huis grootgeword het, het breinskade opgedoen nadat sy vir ‘n ruk sonder suurstof was toe sy ‘n stilstaande boot getref het nadat sy deur ‘n ander boot op ‘n opgeblaaste binneband oor die dam getrek was. Na die ongeluk was Heidi-Lene vir ‘n paar minute sonder suurstof. Sy was na ‘n nabygeleë dokter gehaas wat haar na Polokwane verwys het vir mediese sorg. Sy was in die Pietersburg Provinsiale Hospitaal opgeneem en is op Woensday, 25 April na Louis Trichardt Memorial Hospitaal oorgeplaas. “Ons het regtig net komplimente vir die Pietersburg Provinsiale Hospitaal, haar versorging was baie goed en ek dink nie sy sou enigsins beter versorg kon word in ‘n privaat hospitaal nie. Intensiewesorg asook hoësorg was regtig goed,” vertel Elze-Marie.

Heidi-Lene Jonck is tuis na sewe weke in die hospitaal.

Op Donderdag, 26 April, het Elze-Marie gedeel dat Heidi-Lene ontslaan was en tuis aansterk.

“Met die ondersteuning van soveel engele was Heidi-Lene medies stabiel verklaar en ontslaan om tuis versorg te word. Sy is veilig, rustig en tussen mense wat lief is vir haar.

“Sy gaan tuis mediese sorg van verpleegsters ontvang asook hulp met haar rehabilitasieproses van ‘n arbeidsterapeut en fisioterapeut ontvang. Alle eer aan God.”

Alhoewel daar nog ‘n lang herstelpad voorlê is die familie baie positief.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button