NewsSchools

Suikerbekkie dra by tot leesgenotavontuur

Met Wêreldboeke- en kopieregdag wat Maandag gevier is in gedagte het die personeel, ouers en kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool meegewerk om boeke toegankliker vir die gemeenskap te maak. Ouers het tweedehandse boeke aan die skool geskenk wat Dinsdagaand tydens ‘n funksie by die skool teen slegs R10 elk verkoop is. “Op dié manier is boeke …

Met Wêreldboeke- en kopieregdag wat Maandag gevier is in gedagte het die personeel, ouers en kleuters van Suikerbekkie Kleuterskool meegewerk om boeke toegankliker vir die gemeenskap te maak.
Ouers het tweedehandse boeke aan die skool geskenk wat Dinsdagaand tydens ‘n funksie by die skool teen slegs R10 elk verkoop is.
“Op dié manier is boeke binne die meeste mense se bereik en kan die genot van lees wyer uitkring,” sê Lize van Dyk, skoolhoof.
Senior burgers van die stad is Dinsdagoggend uitgenooi om die skool te besoek en ‘n koppie koffie en pannekoek saam met die personeel en kleuters te geniet. ‘n Voordrag en boekvoorlesing was deel van die verrigtinge.
Wêreldboeke- en kopie­reg­dag is ‘n inisiatief van die Verenigde Nasies om ouers, onderwysers en kinders aan te moedig om die wêreld van boeke en letterkunde te leer ken en waardeer.

Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Ru-Anel Gouws, Fralize van Rensburg en Marzaan Visser hou van die tweedehandse boeke vas wat herverkoop is. Regina de Blanche, personeellid, is agter.

Related Articles

Back to top button