Local NewsNews

Steyn vorder na krokodilaanval, dokter besluit vandag oor hand

Dit gaan goed met Lana Steyn en sy sal waarskynlik vandag (Donderdag) hoor of dokters haar linkerhand wat aan haar lies vir velgroei oor die wond vasgewerk is, gaan lossny sodat sy gemakliker kan beweeg. Steyn, (61) ‘n plaaslike leerkrag van Aka­demie Reformia, is vroeër die maand tydens ‘n uitstappie deur ‘n krokodil van bykans …

Dit gaan goed met Lana Steyn en sy sal waarskynlik vandag (Donderdag) hoor of dokters haar linkerhand wat aan haar lies vir velgroei oor die wond vasgewerk is, gaan lossny sodat sy gemakliker kan beweeg.
Steyn, (61) ‘n plaaslike leerkrag van Aka­demie Reformia, is vroeër die maand tydens ‘n uitstappie deur ‘n krokodil van bykans
2,5 m in die Limpoporivier naby Pontdrift aangeval en die water ingetrek en het ter nouer nood aan die dood ontkom. Drie van haar linkerhand se vingers en meer as die helfte van haar linkerhandpalm moes noodge­dwonge geamputeer word.
“Sy is deur ‘n reeks antibiotika om infeksie te voorkom en is nog op pynpille. Die wond is egter baie seer en sy voel gereelde prikkelings, maar toon goeie vordering. Ons hou duim vas oor die dokters se besluit of hulle die hand al kan lossny,” sê Mike van der Merwe, haar vriend wat haar vergesel het en haar lewe met sy dapper optrede gered het.
Hy het vreesloos en blitsvinnig ingeduik en die krokodil in ‘n greep bo die water uitgelig waarna die krokodil waarskynlik vir ‘n oomblik sy kake ontspan het en Steyn haar hand kon bevry.
Van der Merwe sê alles hang af van wat die dokters vandag oor haar vordering be­vind, maar hulle verwag dat Steyn eers in die derde kwartaal weer by die skool sal aansluit.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button