Local NewsNews

BREAKING NEWS – Hamermonster-verhoor duur voort sonder regsverteenwoordiger

Die verhoor van David Mamvura, die Zimbabwiër wat tussen 2012 en 2014 waarskynlik vir ‘n reeks aanvalle en verkragtings in die stad verantwoordelik was en as die hamermonster bekendstaan, omdat van sy slagoffers glo met ‘n hamer aangeval is, duur vandag in die Limpopo Hooggeregshof voort. Mamvura hanteer van Woensdag af sy eie verdediging nadat …

Die verhoor van David Mamvura, die Zimbabwiër wat tussen 2012 en 2014 waarskynlik vir ‘n reeks aanvalle en verkragtings in die stad verantwoordelik was en as die hamermonster bekendstaan, omdat van sy slagoffers glo met ‘n hamer aangeval is, duur vandag in die Limpopo Hooggeregshof voort.
Mamvura hanteer van Woensdag af sy eie verdediging nadat die hof hom Maandag gewaarsku het dat hy twee dae tyd het om sy huis in orde te kry. Hy is bekend daarvoor dat hy die vervolgingsproses vertraag deur telkens sy regsverteenwoordiger in die pad te steek. Die regter het Woensdag Mamvura se prokureur uit die hof verskoon nadat hy nog geen opdragte van sy kliënt ontvang het nie.
Die hof het namens Mamvura op 40 aanklagte waarvan 14 verkragting en die res huisbraak en roof met verswarende omstandighede, onskuldig gepleit en getuies geroep.
Twaalf het reeds Woensdag en Donderdag (gister) teen Mamvura getuig en nog vier sal na verwagting vandag (Vrydag) getuig.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button