Local NewsNews

Simfonia Juventi solis bekoor met haar vioolspel

Musiekliefhebbers kan hierdie komende naweek musiek geniet van Simfonia Juventi waneer hulle die stad besoek.

POLOKWANE – Simfonia Juventi word saamgestel uit skoolgaande leerders uit die onderskeie streke van Suid-Afrika. Vanjaar bestaan die Orkes uit 103 lede.

Lees meer: Simfonia Juventi kom kuier in Polokwane

Een van die soliste, Catherine Stiff (14), is ‘n gr. 9-leerder van Pretoria Hoër Meisieskool. Sy het op die ouderdom van vyf met vioollesse begin by Dorothea Overbeck en was bevoorreg om as solis saam met verskei orkeste op te tree, onder andere The Rand Symphony Orchestra, Johannesburg Filharmoniese Orkes sowel as die Gauteng Filharmoniese Orkes. Sy neem jaarliks deel aan die Pretoriase Eisteddfod en was nog altyd die kategoriewenner in haar ouderdom.

“Ek was algehele wenner in die vioolafdeling in 2017 en die vorige twee jaar was ek medewenner. Ek was ook twee keer ‘n semifinalis in die Phillip Moore- en Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie en in 2017 ook in Il Vento,” vertel sy.

Catherine het ‘n groot liefde vir ensemble- en orkeswerk. Die afgelope drie jaar neem sy deel aan die Internasionale Kamermusiekfees in Stellenbosch waar sy in 2015 lid van die Konsertorkes was en in 2016 en 2017 was sy lid van die Simfonieorkes.

In die eerste SAVMO-ensemblekompetisie word sy as wenner in haar ouderdomsgroep aangewys.

“Ek is reeds sedert 2016 deel van die eerstevioolseksie van Simfonia Juventi en neem ook deel aan my skool se ensemblegroep en orkes asook aan die Overbeck-ensemble wat reeds talle kere die trofee vir die beste ensemble van die Pretoria Eisteddfod verower het.”

Sy het meestersklasse ontvang by Denise Sutton en Zanta Hofmeyr.

“Ek stel baie belang in kunsaktiwiteite en geniet fietsry, swem en fotografie. Ek speel ook klavier en neem graag saam met my vriende aan musiekprojekte in die gemeenskap deel.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button