Oud-Pottie wen wetenskaptrofee

Carel Oosthuizen (29), 'n mediese wetenskaplike in wording en oud-leerder van Hoërskool Piet Potgieter, is onlangs met 'n Gauteng Biotech Fundi Postgraduate toekenning beloon nadat hy nuwe natuurlike produkte ontdek het om tuberkulose biofilms te teiken.

MOKOPANE – Oosthuizen, wat die afgelope vier jaar aan die Universiteit van Pretoria studeer vir sy PHD in medisinale plantkunde, is baie trots op sy pretasie wat hy verwerf het tydens die jaarlikes Biofundi geleentheid.

Die geleentheid word aangebied deur die Gauteng Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling, asook The Innovation HUB.

Die trofee gaan aan ‘n student wat betrokke is of ‘n projek uitvoer wat die potensiaal het om ‘n ”kommersiële innovasie’ in die biotegniese sektor te wees.

“Ek is gek oor my studies.

Ek, sowel as diegene wat my mentors was en gehelp het, het hard gewerk aan die projek, maar ek het nie verwag om te wen nie en was baie verbaas.

Dit is lekker om te weet dat ek vir die projek en navorsing wat niemand anders regtig sien of van weet nie, ‘n toekenning van erkenning kry.”

Oosthuizen se werk is sommer dadelik raakgesien en hy is uitgenooi om ‘n gedeelte van sy nagraadse studies oor biofilms by die Universiteit van Oos Anglia in Engeland en die Universiteit van Albany in die VS te voltooi.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version