Klagtes teruggetrek teen drie in Van Zyl-moord
Die klagtes teen drie verdagtes wat tereg gestaan het op die moord van Piet en Tilla van Zyl, is teruggetrek.
MOKOPANE – Die Van Zyl-egpaar is op 20 Augustus verlede jaar in die oggendure op hulle plaas Kalkpoort in die Zebediela-omgewing aangeval en vermoor.
Lees meer: Zebediela couple found murdered on their farm
Die egpaar was goed bekend en geliefd in Mokopane.
Piet, ‘n saai- bees en wildboer was passievol oor renosters en die egpaar was nou betrokke by ook verskeie liefdadigheidprojekte.
Lees ook: Eight arrested suspects ‘positively linked’ to Van Zyl’s murder
Volgens kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo Polisiewoordvoerder het drie van die verdagtes, Shabane Ntando (33), Bhokodisa Vision (31) en Mundondo Innocent (32) wat op borg uit was, verlede Vrydag voor die Lebowakgomo Magistraatshof verskyn en is die klagtes teen hulle teruggetrek. Daar was nie genoeg bewyse teen hulle nie.”
Volgens Ngoepe is borgtog geweier vir die oorblywende vier: Sfiso Elija Nkosi, William Nthando Phiri, Phaunel Mbayane en Dumisane Nkosi en is die saak vir verdere ondersoek uitgestel tot 13 April.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za