Massapatrollie om sigbaarheid te verbeter

Buurtwagte van AfriForum in Limpopo het Vrydagaand aan ’n nasionale patrollie deelgeneem om sigbaarheid in verskeie provinsies te verbeter. Die massapatrollie is deur ses buurtwagte se 116 patrollielede regoor die provinsie in samewerking met die polisie en verskeie ander veiligheidstrukture gehou. Bykans 9 450 km is met 75 voertuie tussen 18:00 en 6:00 afgelê en …

Buurtwagte van AfriForum in Limpopo het Vrydagaand aan ’n nasionale patrollie deelgeneem om sigbaarheid in verskeie provinsies te verbeter.
Die massapatrollie is deur ses buurtwagte se 116 patrollielede regoor die provinsie in samewerking met die polisie en verskeie ander veiligheidstrukture gehou. Bykans 9 450 km is met 75 voertuie tussen 18:00 en 6:00 afgelê en altesaam 396 man-ure is gewerk om gemeenskappe en omgewings te beveilig.
AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, Jaco Grobbelaar het in ‘n persverklaring gesê die patrollie was ’n reuse sukses. “Dit is wonderlik om te sien dat vrywilligers bereid is om soveel vrye tyd op te offer om te verseker dat hul gemeenskappe veiliger is. Ons kan ’n duidelike afname in onwettige aktiwiteite in gebiede sien waar ons buurtwagte aktief en doeltreffend patrolleer.”
Grobbelaar sê in die toekoms sal meer mense en strukture by die inisiatief betrek word. “Ons beplan later vanjaar weer ’n nasionale patrollie en sal graag wil sien dat gemeenskappe toenemend self verantwoordelikheid vir hul veiligheid neem deur in te skakel.”
Grobbelaar kon nie vir opvolgkommentaar bereik word nie.
SMS die woord “Buurtwag” na 45340 teen R1 om betrokke te raak.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version