Local NewsNews

Kom skiet saam kettie soos in die oudae

Die openingskompetisie word hierdie Saterdag, 14 April, by St. Marco Pub en Grill gehou.

POLOKWANE – Gesels ‘n mens lank genoeg met die ooms, en soms tannies, in die ouetehuise vertel hulle jou dalk van die dae op die plaas toe hulle as jong latte ronde klippies met ‘n kettie geskiet het.

Vra jy ‘n jongeling vandag daaroor uit, is die kans skraal dat hy of sy sal weet wat ‘n kettie is. Twee inwoners van Polokwane, Wilma Prinsloo en Nici Vogel het besluit om ‘n kompetisie te loots waarin mense hul vernuf met die kettie kan kom toets. “Ons is altyd verantwoordelik vir die kettieskietkompetisie by motorfietsbyeenkomste en na baie navrae uit die gemeenskap, het ons besluit om die Bosveld Kettieklub te stig,” vertel Wilma.

Hulle skop af met ‘n informele kompetisie waartydens groot pryse gewen kan word.

Die openingskompetisie word hierdie Saterdag, 14 April, by St. Marco Pub en Grill gehou.

Die kompetisie begin om 14:00, maar jy kan reeds vanaf 12:45 tot 13:45 kom oefen.

Inskrywings kos R10 per persoon en oud en jonk is welkom.

Alhoewel hulle later van tyd meer streng gaan wees op die patroon wat gebruik kan word, kan kettieskieters hul eie 8 mm koeëllaers (ball bearings) of albasters bring of selfs huur, sê Wilma. “Begin nou al oefen. Bring jou hele gesin en kom neem deel. Daar is ‘n swembad, kontantkroeg en restaurant op die perseel. Dit beloof om ‘n prettige familiemiddag te wees. Ons hoop om julle almal daar te sien.”

Vir meer inligting kontak Wilma Prinsloo by 082 555 4553 of Nici Vogel by 073 222 9078.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button