Sibbe of enkelkind? Die voor- en nadele

Met die oog op Wêreld Sibbe Dag (World Sibling Day) op 10 April, het Review met 'n opvoedkundige sielkundige, Vincent Cloete, oor die voor- en nadele van slegs een kind hê.

POLOKWANE – “Om slegs een kind te hê kan óf goed óf sleg wees, dit hang als van jou ouerskapstyl af,” verduidelik hy.

Voordele: 
• Onverdeelde aandag of liefde.
• Ouers kan dit moontlik bekostig om die kind in die beste skool te plaas.
• Ouers kan finansieel meer geleenthede bied vir buitemuurse aktiwiteite soos kuns en musiek.
• Daar is geen kompetisie van sibbe vir ouers se liefde en aandag nie.
• Dit kan die kind help om meer onafhanklik en selfstandig te wees omdat hulle nie ouer sibbe het wat hul help nie.

Nadele: 
• Te veel bederf wat dan die kind ‘n gevoel van eiereg gee, met ander woorde, als moet volgens sy wil en wense geskied.
• As ouers oorbeskermend is en alles vir die enkelkind doen, kan hulle moontlik sukkel om onafhanklik te funksioneer.
• Kinders kan ‘n gebrek aan selfvertroue ontwikkel.

“‘n Verdere nadeel kan wees dat die kind ‘n gevoel van eensaamheid het omdat die enkelkind nie ‘n sib of sibbe het om mee te speel en te gesels nie. As jy ‘n enkelkind is kan jou ouers dalk baie verwagtinge hê waaraan jy moet voldoen. As ‘n enkelkind kan dit ook dalk moeilik wees wanneer jy as volwassene na jou bejaarde ouers moet omsien.”

Daar is voor- en nadele aan beide enkelkind-families en families met meer as een kind en dit is elke ouerpaar se voorreg om te besluit hoe groot hul gesin moet wees.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version