BREAKING NEWS – Musiekonderwyser van Heuwelkruin sterf in botsing

Wat veronderderstel was om ‘n genotvolle Paasvakansie vir ‘n talentvolle jong musiekonderwyser van Curro Heuwelkruin en sy gesin te wees, het Vrydagdagmiddag in ‘n tragedie ontaard toe Peter Blos en sy twee kinders in ‘n trompop botsing met ‘n minibustaxi betrokke was. Die ongeluk het op die ou Soutpanweg in Pretoria op pad na Soshanguve …

Wat veronderderstel was om ‘n genotvolle Paasvakansie vir ‘n talentvolle jong musiekonderwyser van Curro Heuwelkruin en sy gesin te wees, het Vrydagdagmiddag in ‘n tragedie ontaard toe Peter Blos en sy twee kinders in ‘n trompop botsing met ‘n minibustaxi betrokke was.

Die ongeluk het op die ou Soutpanweg in Pretoria op pad na Soshanguve plaasgevind toe Peter en sy twee kinders, ‘n seuntjie, Favour (6), en sy sussie, Lelo (3), na ‘n besoek aan Peter (28) se ouers in Pretoria na sy skoonfamilie in Soshanguve teruggekeer het. Sy vrou, Rachel, het hulle nie op die uitstappie vergesel nie.

Volgens Peter se suster, Tebatso, het die ongeluk omstreeks 15:00 plaasgevind toe ‘n minibustaxi ‘n sperstreep verontagsaam en onwettig ‘n aankomende voertuig verbygesteek het. Die minibustaxi het kop aan kop met die Blosse se voertuig gebots.

Peter is op slag dood. Favour is ernstig beseer en in ‘n kritieke toestand in die intensiewe sorgeenheid van Vusamed Hospitaal in Johannesburg waar hy aan ‘n ventilator gekoppel is. Lelo is in Butshilo Hospitaal naby die grootouers se woning in Soshanguve met geringe beserings opgeneem en moet vir minstens ses weke stabiel gehou word.

Tebatso het gesê Rachel is so getraumatiseerd dat sy nie met die media kan praat nie.

Begrafnisreëlings is vir Saterdag in Pretoria by Peter se ouers getref.

Hy was voorheen vir ongeveer twee jaar aan Curro Northern Academy verbonde voordat hy in Januarie by Curro Heuwelkruin aangesluit het.

Die hoof van Curro Heuwelkruin, Eben Lingenfelder, het hom as ‘n begaafde pianis en koorleier beskryf wat in een kwartaal talle Kruinies vir musiek met sy onverbloemde entoesiasme en geesdrif gewen het.

Storie: Willie Esterhuysen

Exit mobile version