So ook kan jou grasperk die droogte oorleef

Droogtetoestande is deesdae in baie dele van die land die nuwe norm, maar dit beteken egter nie dat tuiniers hande in die lug moet opgooi en boedel oorgee met grasperke nie.

POLOKWANE – Al benodig grasperke ‘n seker hoeveelheeid water, is daar verskeie tegnieke om te implementeer om seker te maak dat jou grasperk die droogte tydperk oorleef.

Lees ook: Net ‘n bietjie water, groot asseblief

Volgens Greener Tidings plantkundige en Assistent Bestuurder Gladys Gaffane, is dié ‘n moeilike taak maar is glad nie onmoontlik nie.

“Probeer in die eerste plek om verkeer op die grasperke te verminder sodat die blaartjies minder kneus en die grasperk minder aan spanning onderworpe is. Wanneer jy die gras sny, sorg ook dat die lemme van die grassnyer skerp is ten einde nie die blare te kneus nie. Sorg dat die gras nie te lank is nie, ten einde verdamping deur die blare te bekamp, maar moet dit ook nie te kort sny sodat die grond droog bak nie. Sny dit ongeveer tot ongeveer 5 tot 6 cm. Langer lengtes gee die blaartjies meer geleentheid om te fotosintetiseer wat tot beter groei lei en ‘n meer ekstensiewe wortelstelsel wat ‘n gesonder plant tot gevolg het. Daar is ook meer vogreserwes. Langer blare lei ook tot meer skadu op die grond, wat tot die gevolg het dat onkruid ook nie so maklik ontkiem nie,” verduidelik sy.

Hoe dieper die water ingaan, hoe dieper sal die wortels groei en dit sal aan die plant beter oorlewensvermoë verskaf.

Meeste grasperke kan egter met minder water klaarkom maar dit is ‘n verskynsel wat weens oefening aangebring is. As jy wel nog gras moet plant, vind meer uit oor die droogtebestande soorte wat in jou spesifieke omgewing aard.

Volgens Gaffane kan water ook deur die grasoppervlakte te verminder en ook nagebootste gras onder koeltebome en ander geskikte oppervlakte te installeer, bespaar word.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version