Suricat Sekuriteit se geliefde herdershond Sussa weer op die been

Sussa is terug op die been na 'n skietvoorval waarin sy gewond is

MOKOPANE -Sussa , die op-en-wakker hond van Suricat Sekuriteit, is terug op die been na ‘n skietvoorval waarin sy gewond is en ‘n operasie moes ondergaan.

Die eienaar van Suricat Sekuriteit, Div de Villiers, sê dit gaan baie goed met Sussa na ‘n koeël haar in die regteragterbeen getref het.

Sussa sterk aan na skietvoorval

“Sussa trap al op die been en loop al mooi, maar sal eers oor agt weke weer aan diens wees. My dank gaan aan elke inwoner wat sy weg oopgesien het om ‘n donasie te gee vir Sussa se operasie. Die sekuriteitshonde lê my baie na aan die hart en hulle ondergaan baie ure se opleiding. Die honde speel ‘n belangrike rol in veiligheid en misdaadbekamping in die gemeenskap.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version